Mandriva Linux

Installasie instruksies

Konfigurasie Benodig

Om Mandriva Linux te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrywer te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting.

LET WEL:


Hier is die metodes om Mandriva Linux te installeer:

  1. Selflaai direk vanaf die CD
  2. Maak 'n selflaaiskyf met Windows
  3. Ander installasiemetodes


1. Selflaai direk vanaf die CD

Die Installasie-CDROM is selflaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai. Volg dan die instruksies op die skerm: druk die [Enter] sleutel om die installasie te begin of druk [F1] vir verdere hulp.

LET WEL:

Op sekere skootrekenaars, sal die stelsel nie vanaf 'n CD selflaai nie. In so 'n geval moet u 'n herlaaiskyf gebruik. Sien punt 2 vir detail.

[bokant van hierdie van bladsy]


2. Maak 'n selflaaiskyf met Windows

Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan selflaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak:

Om die installasie te begin:

[bokant van hierdie van bladsy]


3. Ander installasiemetodes

Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n selflaaiskyf maak:

Hier is the selflaaibeelde:

cdrom.img installeer vanaf CDROM
hd_grub.img installeer vanaf hardeskyf (van 'n Linux, Windows, of ReiserFS lêerstelsel)
u kan dit vir u stelsel konfigureer by: http://qa.mandriva.com/hd_grub.cgi
network.img installeer vanaf ftp/nfs/http
LW: u sal gepor word om network_drivers.img in die skyfaandrywer te plaas
pcmcia.img installeer vanaf PCMCIA-toestelle (waarskuwing, meeste PCMCIA-netwerktoestelle word direk ondersteun in network.img)

U kan ook boot.iso op 'n CDROM brand en daarvan af selflaai. Dit ondersteun alle installasie metodes, cdrom, netwerk en hardeskyf

[bokant van hierdie van bladsy]


U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk [F1] by die Mandriva Linux verwelkomingskerm en tik dan text op die instruksielyn.

Indien u benodig om 'n redding op u bestaande Mandriva Linux uit te voer, selflaai vanaf die installasie CDROM of enige selflaaiskyf, druk [F1] by die Mandriva Linux verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn.

Sien http://www.mandrivalinux.com/drakx/README vir meer tegniese inligting.

[bokant van hierdie van bladsy]


Hoofstappe van installasie:

  1. Plaas die installasie CDROM (of installasieskyf indien nodig) in die korrekte skyfaandrywer en herlaai die rekenaar.
  2. Druk [Enter] wanneer die Mandriva Linux verwelkoming vertoon word en volg die instruksies noukeurig na.
  3. Na installasie verwyder die CDROM (en selflaaiskyf indien nodig); die rekenaar behoort te selflaai.
  4. Mandriva Linux behoort te begin. Na die selflaaiproses, kan u "aanteken" op die rekenaar as "root" of enige ander gebruikerskode wat u tydens installasie geskep het.

Baie belangrik:

Die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode wat u opstel met "userdrake" program of met die "adduser" en "passwd" instruksies.

Voorspoed met Mandriva Linux!

[bokant van hierdie van bladsy]


Vir installasie ondersteuning sien die Mandriva Linux diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandriva webwerf: